Johannes Tzetzes | |
---|---|
Ιωάννης Τζέτζης | |
Griekse manuskrip van Hesiodos se Theogonía (Grieks: Θεογονία), met kommentaar wat bygevoeg is deur Johannes Tzetzes, 16de eeuse afskrif. | |
Gebore | omstreeks 1100 |
Sterf | 1180 |
Burgerskap | Bisantynse Ryk |
Beroep | digter, navorser |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Johannes Tzetzes (Grieks: Ἰωάννης Τζέτζης, Iōánnēs Tzétzēs; gebore omstreeks 1110, Konstantinopel – 1180, Konstantinopel) was 'n Bisantynse digter en grammatikus wat in Konstantinopel in die 12de eeu gewoon het. Hy het beduidende bydrae gemaak tot die behoud van waardevolle inligting uit die Oudgriekse letterkunde. Van sy talle werke is die belangrikste werk die Boek van Geskiednisse, ook bekend as Chiliades ("Duisende"). Die werk is 'n lang gedig wat kennis bevat wat elders nie beskikbaar is nie en dien as kommentaar op Tzetzes se eie briewe. Twee van sy ander belangrike werke is die Allegoriai op die Ilias en die Odusseia, wat lang didaktiese gedigte (Die didaktiese (opvoedkundige) gedig of didaktiese poësie verwys na 'n aantal poëtiese werke uit die Grieks-Romeinse oudheid wat daarop gemik was om die leser in 'n sekere onderwerp te onderrig. Die didaktiese gedig word gewoonlik gerig aan 'n bepaalde persoon in die gedig wat onderrig word, en dien as model vir die leser.) is wat interpretasies van Homeriese teologie bevat.[1]